Ons is al amper 2 weke terug en my huis en my bed begin nou eers weer vir my bekend voel. Vir 3 weke was ek en my fotograaf Marisa anderkant die groot water in Indië op toer. Soort van in elk geval. My obsessie het natuurlik die oorhand gekry en ek moes net gaan kyk hoe die rotsklim daar ook lyk.
Ons toer het in Delhi begin waar ons die eerste klompie dae spandeer het om die stadslewe in te neem en na die Taj Mahal te gaan kyk. Vir iemand wat nog nooit in Indië was nie en redelik belaai is met die verskriklikheid wat ek moet verwag voor ek weg is uit SA, is my persoonlike indruk dit: dis rerig nie so erg nie. Ja die verkeer is total chaoties as jy vergelyk met ons s’n, maar jy hoef nie te bestuur nie – dis waarvoor daar taxi’s is – en jy as toeris is “˜n redelike bate, hulle gaan jou nie aspris verongeluk nie. Ja daar is baie rommel in die strate, maar dit is regtig niks wat jy as Suid-Afrikaner nog nie in die rowwer buurte gesien het nie. Die “verskriklike reuk” wat blykbaar oor die stede hang soos “˜n dodekombers was of nie daar toe ons daar was nie, of die vliegtuiglug maak mense se reuksin baie skerp. Ja daar is baie mense, maar as jy Canal Walk in Kerstyd kan oorleef sal jy orraait wees. Ek was nie in elke hoekie en gaatjie van Delhi nie en ek basseer my indruk van die “stede” net op wat ek in Delhi gesien het, maar dit wat ek gesien het het my nie in my fondamente geskud nie.
Ons het doodrustig rondgestap in die besigste markte tot lank na donker en gekoop dat die rook uit ons kredietkaarte draai sonder om ooit onveilig of bedreig te voel. Die ander bonus vir Suid-Afrikaners en sommer hoogtyd ook: Indië is goedkoop! Veral vir die dames: as jy van klere, skoene, boeke en enigiets tekstiel hou is hierdie die land vir jou. Hierdie items kan enigiets van 25% tot 10% kos wat dit in SA kos.
Na Delhi het ons via vliegtuig, trein en riksja tot in Hampi gevorder om die rotsklim potensiaal te besigtig. Terloops, moenie uitmis op “˜n regte Indiese treinrit nie, dis “˜n belewenis! Hampi sou net “˜n “pitstop” gewees het, maar op die ou end het ons die hele res van die toer daar gebly. Kortom: die rotsklim en die landskap rondom Hampi is absoluut ongelooflik. Verbeel jou “˜n antieke hewelagtige landskap dig bestrooi met reuse oranje-grys graniet rotse en blokke soos outyd se “hundreds n thousands” op “˜n verjaardagkoek, met ewe antieke (en uiters indrukwekkende) menslike nalatenskap in die vorm van die magdom tempels en reunes oral in die omgewing.
Wanneer jy moeg is vir stap huur jy sommer “˜n motorfiets met verrigting na jou keuse en vat die pad. Jy kry egter nie “˜n helm by nie – niemand dra helms nie. Jy ry dus dan lekker stadig, vroulief is rustig agterop en jy verken eitlik baie meer. Miskien het hulle iets beet?
Dit was regtig moeilik om koebaai te sê. Indië het onder my vel ingekruip en ek sal wil teruggaan en lank daar bly om dit regtig te ervaar. Die mense het ons oor die algemeen baie goed behandel, was baie vriendelik en hoflik en oral waar ons was kon ons met geraadbraakte engels maklik oor die weg kom. As jy klein bietjie krieket kan gesels oor die Proteas het jy onmiddelike helde-status en sal jy geen tekort aan hulp hê nie – krieket is net duskant “˜n geloof in Indië.
Ek verstaan egter nogsteeds nie die treinstelsel nie en kan trots sê – Marisa sê dit so deur geknersde tande – dat ons mense uit die pad moes hardloop langs die perron af in Hospet en op “˜n bewegende trein moes spring wat 428km sou ry sonder om te weet of dit die regte trein was. Dit was darem.